Somermooi sonder die mes – Sarie
Hardnekkige vet. Selluliet wat pla. Opvallende spatare, en hinderlike veluitslae en ander velkwellinge is van die mees algemene skoonheidsprobleme onder vroue. Jare lank was die oplossing vir die soort probleme ‘n duur operasie soos vetafsuiging (liposuction), wat gesondheidsrisiko’s kon inhou en boonop seer kon wees. Jy’t dalk al honderde rande aan allerlei vullers, selluliet- en gesig-rome en maermaakpille bestee vir ‘n mooier, jonger voorkoms. Deesdae word nie-chirurgiese behandelings egter al hoe gewilder, meen dr. Maureen Allem, ‘n kosmetiese dokter van Pretoria. “Die soort behandelings is gewoonlik goedkoper, minder pynlik en laat feitlik geen letsels nie. Boonop kan jy vinniger weer jou normale aktiwiteite hervat.” Ons het by vier klinieke se ,t mooimaak”-kenners aangeklop om verskillende behandelings te ondersoek. Twee SARIE-joernaliste en ‘n SARIE-leser het proefkonyn gespeel.
Vetvriesbehandeling, of kriolipolise, behels dat vetselle n ‘n spesifieke deel van jou lyf met ‘n masjien gevries word, verduidelik Dr. Natasha Chapman, ‘n estetiese dokter van die Laserderm-kliniekgroep (met takke reg oar die land).
Die behandeling word aanbeveel as jy sukkel met hardnekkige vet, soos armvlerke, boepies, saalsakke, bra-bulte en ekstra vet oor die heupe (love handles). Meer as 80% van vroue ouer as 20 het iewers hardnekkige vet, se dr. Chapman. “Tog is die beEYn-deling nie ‘n alternatief vir gewig7— verlies nie. Dis eerder vir vroue wat binne 5 – 10 kg van hul ideale liggaamsgewig is, maar sukkel met vet op ‘n pick wat net nie wil wegsmelt nie, al oefen hulle hoe hard.”
View the full article: